Dean Ramjoomia, founder and director, Nehemiah Call Initiative
Wie is Ekke
Dean Ramjoomia, founder and director, Nehemiah Call Initiative
Hulle noem my homeless, hulle noem my bergie, straat mens, sleg, hobo en vagrant.
Nah daai issi my naam nie!
Net soes baas en madam nie jou naam issi!
Maar ja daai wat julle sê van my.
Aanklop is my ding, skarrel is wat ek kyk, but ‘n mens soes jy is ek.
Ja nee ek hetti lewe geklap en lewe het my ingeloop.
Maar wat maak jou better as ek.
‘N suit tie, ‘n mooi rok, lekker job en blink kar; daai is mos achievement vir julle.
En daai’s kwaai dit gee jou aansien en “respect” maar as ek kyk binne in jou hart kan jy my lani en madam net soe stink en vuil wies soes klere aan my lyf.
Maar ja wie sê julle is ekke!
Next time as jy weer verby my loep, kyk my inni oë want mens soos jy is ekke.
Drugs, wyn; my addiction doesn’t define me, but ja som van julle prefer dit soe, because it makes you look and feel better than me.
Wie sê julle is ekke!
As jy weer verby my loep kyk my inni oë; I could have been your brother, sister, mom or dad.
How dare you punish me, deny my existence and criminalise my survival and being.
Maar ja! you call cops on me en law enforcement jaag my rond soos ‘n hond en vloek my ma maar vir hulle is daai mos niks.
Want wie sal nou ooit iemand soos ek glo.
Maar jy sal nooit die boere phone vir al jou unlawful dade; abuse of your family, employees at your own hand.
Maar check my out my lani en madam ek hou jou dop net soes jy vir my.
En so sien God ons almal maar vir jou is ek alleen die sleg in jou oë.
Maar ja daais lewe oppi vlakte offie suburbs; ons word moes uitgesoek en ge-target.
Deur die gewetenlose mense met badge en gun op sy heup.
Om van ons ontslae te raak.
Is maklik so sê die COCT, [give responsibly not to us, send the homeless home hulle sê as if you have any idea what’s back there]
Maar ja alles om madam en baas met suit en tie hulle sin te gee.
Hulle het alweer ‘n complaint ingesit van my wat aanklop virri stukkie brood.
Wie sê julle is ekke!
Maar kyk my mooi because you could’ve been me.
En one day just one day ek gaan maak die change ja, ‘n draai in my life maar daai’s ek, loep my eie journey net soos jy.
Wie is ekke...