News

Look out for each other

Letter to the Editor|Published

Jacqueline Maart, Strandfontein

“Die Kaalvoet Klong”

Kyk hoe staan ons mense, vroegoggend by die hek,

met ’n koppie koffie en hulle colourful gowns,

vir die latest gossip om te announce,

dan loep die kaalvoet klong,

buk-buk, soek-soek, met ’n hoes diep uit sy long.

Kyk hoe dice onse laaitjies, early in the morning tot late at night, met 6 biere op die plek, ma die kaalvoet klong loep uitgehonger, broken dirty klere, en besig om te vrek.

Kyk hoe speel die kinnes, hier buite in die straat,

wa is die ma, en wa is die pa,

kry hulle seer, dan wil ons weer vir ons soes animals gedra.

Kyk hoe patsie ons mense, in die koue donker straat,

music on point, die jol gaan aan, hier in Abigail Laan

en die kaalvoet klong in die mix want hy voel hy belong.

Kyk hoe dump ons neighbours, hulle vullis op die hoek van Mavis,

en in Rita Straat is it soes Sodem en Gamora,

ma wie kan nou worry wan almal wil dora,

en die kaalvoet klong insane getjoef van die cheap spora.

Kyk hoe yuck ons mense, hair on fleak, met name brand top to bottom,

ma kos vir die huis en schoolfees always forgotten,

en die kaalvoet klong moet beg op die pad,

want die drugs het hom consume en sy auntie het gesê hy moet spat.

Kyk hoe huil ons mense, distraught cause hulle kind is dood,

Kyk hoe huil ons mense, hulle is honger nie eers ‘n stukkie brood,

Kyk hoe huil ons mense, die mapuza het hulle huis kom skud,

Kyk hoe huil ons mense, want die kaalvoet klong, dood aan ‘n fit.

Kyk na ons mense ek beg, pretty pretty please.

Want as ons nie gaan nie, who's gonna let the pain ease.

Kyk na ons mense, we all community children,

Want ons lewe neverminded en lei aan ‘n Godless syndrome.

Waar is die tyd van jou kind is my kind,

en jou need is my need,

Kom ons kyk uit vir ons mense,

ek vra pretty pretty please.